Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Pan Macmillan

@ Books LIVE

Archive for the ‘Afrikaans’ Category

Proust-vraelys: Jonathan Jansen oor aardse geluk en die diepste put van ellende

Letters to My ChildrenProf. Jonathan Jansen, Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, se boek Letters to My Children het verlede jaar verskyn na aanleiding van sy gewilde twiets en Facebook-boodskappe. Hy het onlangs Die Burger se Proust-vraelys kafgedraf:

Wat behels aardse geluk?

Daar is vir my geen groter vreugde as die voorreg om ander mense se kinders te kan onderrig en lei nie.

Wat is die diepste put van ellende?

As die Bulle verloor.

Boekbesonderhede

e-Boek opsies – Laai nou af!



» read article

Humor was die dryfveer: Kate Sidley gesels met Karla Janse van Vuuren oor The Agony Chef

The Agony ChefKate Sidley, skrywer van The Agony Chef, het aan Karla Janse van Vuuren vertel dat die “agony aunt”, Delilah, in The Agony Chef haar ontstaan het as die hoofkarakter in ’n ander boek wat Sidley beplan het om te skryf, maar dat sy eindelik op dié gebruik van van haar karakter besluit het. Sidley se resepte is beproefde gunstelinge uit haar eie en vriende se kombuise, maar haar groot kos-inspirasie was haar ma:

Een van my skelm plesiertjies is om die briewe aan en raad van die “agony aunt” (wat ek hier sommer trauma-tannie-rubrieke gaan noem) in tydskrifte te lees.

Miskien voel ons beter oor onsself as ons van ander se probleme lees, of miskien het ons self die raad nodig wat die wyse tannie mildelik uitdeel.

Boekbesonderhede

E-boek opsies – Laai dit nou af!



» read article

Braai and Launch of Fireworks by Jan Braai at the East Rand Mall

Braai

 
FireworksCome and watch South Africa’s famous braai master as he reveals the secret to the perfect braai, while cooking up a feast.

Buy a copy of Fireworks and get R30 off, as well as a free boerewors roll and a cool drink.

Don’t miss it!

Event Details

  • Date: Saturday, 01 September 2012
  • Time: 11:00 AM
  • Venue: East Rand Mall,
    Outside Entrance 4 near the food court,
    Cnr North Rand Rd & Bentel Ave
    Boksburg North
    Gauteng | Map

Book Details


» read article

Auma Obama wys sy hoef nie vir broer Barack terug te staan nie in And Then Life Happens

And Then Life HappensToe Auma Obama, president Barack Obama se halfsuster, Suid-Afrika onlangs besoek het om haar memoir, And Then Life Happens, te bemark, het Margot Pakendorf en Janice Keogh die boek se bekendstelling by die Goethe-instituut in Johannesburg bygewoon.

Albei is ná die bekendstelling daarvan oortuig dat hierdie vrou, wat van kleins af in opstand gekom het teen die paternalistiese stelsel in Kenia en sonder haar pa se toestemming ‘n beurs by ‘n Duitse universiteit aanvaar het, allermins op haar halfbroer se roem hoef te ry. Sy het uiteindelik na Kenia teruggekeer waar sy vir die nie-regeringsorganisasie Care gewerk het en op die oomblik staan sy aan die hoof van Sauti Kuu, ‘n organisasie wat veral meisies bemagtig om hul omstandighede te verander.

Lees Pakendorf en Keogh se berigte oor die bekendstelling:

Toe die Goethe-instituut ’n uitnodiging stuur vir die bekendstelling van Auma Obama se lewensverhaal dog ek ja wat, sy ry lekker op haar beroemde halfbroer (sy het hom eers as volwassene ontmoet in die 1980’s) se roem.

Ek woon dit toe wel by, weliswaar langtand.

Maar was ek bly dat ek gegaan het! Sy is so sterk, welsprekend en intelligent soos haar broer. Toe die vrou wat haar moes bekend stel haar boek langdradig begin opsom, onderbreek sy haar summier, sê sy is ongemaklik daarmee, vra kan sy buitentoe gaan totdat die vrou klaar is en dan vir vrae terugkom? Sy vat duidelik nie kaf van kabouters nie, dog ek.

Haar broer is die eerste swart president van die VSA en in restaurante en in lughawens wêreldwyd word sy oorval deur mense wat meer oor Barack Obama wil weet.

Dit het so erg geword dat Auma Obama haar deesdae net met haar voornaam voorstel en as iemand begin vra: “Maar is jy nie?.. dan jok sy.

Boekbesonderhede


» read article

Kirby van der Merwe gesels met Ufrieda Ho oor Paper Sons and Daughters

Ufrieda Ho

Paper Sons and DaughtersUfrieda Ho, outeur van die memoir Paper Sons and Daughters, waarin sy oor haar grootwordjare as Chinees gedurende apartheid skryf, het onlangs saam met Kirby van der Merwe ‘n Kantonnese congee vir ontbyt in Cyrildene, Johannesburg, gaan eet. Hier het hulle oor die veranderinge gesels wat deesdae in die Suid-Afrikaanse Chinese gemeenskap plaasvind, weens die instroming van talle nuwe immigrante.

Volgens Ho is Cyrildene die “Nuwe Chinatown”, terwyl “Ou Chinatown” aan die ooste van Johannesburg is, waar die Eastgate-winkelsentrum nou staan. Daar is ook volgens Ho ‘n “taalgrens” wat die gemeenskap verdeel, want die meeste nuwe immigrante praat net Mandaryns, terwyl sy Kantonnees praat en baie van haar vriende slegs Engels gebruik en glad nie meer in Chinees kommunikeer nie.

Dis vroeg, voor negeuur die oggend, en die winkels in Cyril­dene, Johannesburg het pas hul deure oopgemaak.

Ek en Ufrieda Ho eet ontbyt by die Chinese restaurant Mongkok waar jy verby bakke vol gekookte hoenderpote tot by die tafels agter stap. En as jy deur die winkelvenster kyk – so tussendeur die okkerneutbruin gerookte eende wat van die toonvenster aan hul nekke hang – kan jy sweer jy is in China.

Book details


» read article

Fiona Forde gesels oor Inconvenient Youth Julius Malema se sagter kant

An Inconvenient YouthJulius Malema die mens en Malema die politikus is “twee totaal verskillende mense”, volgens Fiona Forde, outeur van An Inconvenient Youth: Julius Malema and the ‘New’ ANC.

“Ek maak dit baie duidelik in my boek dat Malema ‘n politieke monster is,” het Forde aan Die Burger gesê. Sy was egter “verbaas om sy sagte kant te vind; iemand te vind wat omgee…veral vir sy ouma en sy seun”.

‘Onbevooroordeeld” en “sagmoedig” is nie woorde wat dikwels gebruik word om die Jong Leeu te beskryf nie. In die oë van baie mense, is Julius Malema, die leier van die ANC-jeugliga, eerder rassisties, arrogant, selfs dreigend.

Verskoon dus my verbasing – en skeptisisme – toe Fiona Forde, skrywer van die boek An Inconvenient Youth – Julius Malema and the ‘New’ ANC, oor ’n koppie koffie in Melville aan my háár Malema, die een wat sy ken, opdis: Hy is ruimdenkend, ’n man met wie ’n mens oor enigiets, van ’n gebroke hart tot lekker kos, kan gesels.

Boekbesonderhede


» read article

Jonathan Jansen besoek ‘n lewenskragtige skool in Umkomaas

Oor bokdrolletjies en rosyntjiesJonathan Jansen skryf in sy nuutste rubriek in Beeld oor ‘n goeie, lewenskragtige skool in Umkomaas, waar die kinders, ondanks moeilike maatskaplike en ekonomiese toestande, presteer. Volgens Jansen is dit te danke aan sterk leierskap van die skoolhoof, onderwysers en beheerliggaam-voorsitter. Nog rubrieke uit Jansen se pen is in die bundel Oor bokdrolletjies en rosyntjies versamel.

Die pad na Umkomaas is bedrieglik mooi. ’n Mens ry op ’n kronkelende roete, omring deur groen heuwels wat op die see afkyk. Dít is die landstreek waaroor Alan Paton geskryf het.

Ons ry oor nog een van die talle heuwels en bereik die hek van die Dlambula Primary School.

Boekbesonderhede


» read article

Uittreksel: Daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê deur Chris van Wyk

Daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan leOns bied vanoggend vir julle ‘n uittreksel uit Chris van Wyk se memoir aan, waarin hy met deernis en hope humor oor sy grootwordjare in Riverlea skryf. Daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê het oorspronklik in Engels verskyn as Eggs to Lay Chickens to Hatch, en is besonder goed ontvang:

Riverlea het vinnig opgevul vandat ons ’n paar jaar tevore daar aangeland het. Toe ons ingetrek het, was ons die enigste mense in ons straat. Toe begin die trokke inrol, elke dag, om nog mense met hulle meubels te bring.

Nou het ek so baie vriende, ek kan nie eens onthou hoe ons ontmoet het nie. Ek kan nie sê: “Ek het Toelsak ontmoet toe ek hom goed sien weggooi het in die vullisdrom, en ek het vir Marlon die eerste keer gesien toe hy met sy hond Jacko by ons huis verbygehardloop het” nie.

Boekbesonderhede


» read article

Invitation to Jonathan Jansen’s “Homecoming” Launch at Retreat Library

We Need to Talk - Launch invite

Join Professor Jonathan Jansen, Rector of the University of the Free State, when he launches his new books We Need to Talk and Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies in his hometown library in Retreat. He will also be interviewed by his childhood friend in the area, Prof Archie Dick (University of Pretoria) and the Grade 12 students from his former high school, Steenberg High.

Event Details

  • Date: Wednesday, 13 July 2011
  • Time: 5:00 PM for 5:30 PM
  • Venue: Retreat Library,
    Concert Boulevard,
    Retreat | Map
  • Guest Speaker: Archie Dick
  • RSVP: Sharon Adams, Retreat Library,
    rtrtlib@spm.org.za, 021 701 1156

Oor bokdrolletjies en rosyntjiesWe Need to Talk

Book Details


» read article

Hanlie Retief gesels met Moeletsi Mbeki oor Advocates for Change

Advocates for ChangeMoeletsi Mbeki is bekommerd oor die fase van deïndustrialisering waardeur Suid-Afrika nou gaan, met fabrieke wat sluit, die mynbousektor wat krimp en die landbousektor wat minder produseer.

Hy meen Julius Malema is nou die stem van die ANC en dat die grootste steun vir dié party nie meer van die swart werkersklas kom nie, maar van die werklose massa.

Maar, hy het ook aan Hanlie Retief in Rapport gesê dat hy hoop gekry het vir die toekoms toe hy die boek Advocates for Change saamgestel het. Twaalf kenners het aan hierdie boek saamgewerk en vir Mbeki gewys “ons het mense in Afrika wat ons probleme kan vasvat en weet hoe om hulle op te los”:

“Zuma is nie ‘n leier nie. Hy is ‘n volgeling. Julius Malema is nou die stem van die ANC. Zuma volg Malema. Dís die politieke werklikheid van Suid-Afirka vandag.”

Moeletsi Mbeki se sinne is batterysuur.

“Die leier wat sê ék het ’n plan om armoede aan te pak, is Julius Malema. Hy sê: ‘Kom ons nasionaliseer die myne, dan gee ek al die geld wat na die kapitaliste of beleggers toe sou gaan vir die armes.’”

Book details

Foto te danke aan Business Day


» read article