“Een uit elke vyf kinders in Suid-Afrika is ondervoed” – Leonie Joubert oor die gevaar van suiker
Een uit elke vyf kinders in Suid-Afrika is ondervoed weens die oormatige suikerinhoud in hul dieet. Só het die medeskrywer van The Hungry Season: Feeding Southern Africa’s Cities, Leonie Joubert, onlangs verklaar.
Netwerk24 het verslag gelewer vanaf die bekendstelling van die Wêreldnatuurfonds (WWF) se verslag “Reconnecting South Africa’s food systems to its ecosystems“, waar Joubert haar navorsing oor die nadele van suiker, veral in arm gemeenskappe, met die gehoor gedeel het.
Joubert het verder gesê: “’n Algehele revolusie sal moet plaasvind om ’n toekomstige honger wêreld van 9 miljard mense (binne die volgende paar jaar) te voed.”
Lees die artikel:
Joubert het gesê deur jou vol suiker te stop, word hongerpyne tydelik gestil en jou bloedsuiker skiet die hoogte in, maar sodra daardie euforiese gevoel weg is, daal ’n mens se bloedsuiker en slaan moegheid toe.
In haar navorsing vir The Hungry Season het sy bevind een uit elke vyf kinders in Suid-Afrika is ondervoed. Sy het op arm huisgesinne op die platteland afgekom waar ouers hul kinders soggens witbrood, gedoop in suikerstroop, gee voordat hulle skool toe gaan.
Boekbesonderhede
- The Hungry Season: Feeding Southern Africa’s Cities deur Leonie Joubert en Eric Miller
Boek se tuisblad
EAN: 9781770102293
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment