Video: Kyk wat Jan Braai hierdie week op Greyton braai in Jan Braai vir erfenis
Jan Braai, Suid-Afrika se eie braaikoning en stigter van Nasionale Braaidag, se jongste kookboek, Red Hot, het pas by Pan Macmillan verskyn. Die nuutste reeks van sy kookprogram op kykNET, Jan Braai vir erfenis, het ook onlangs op die kassie begin draai en met hierdie program wys hy nie net Suid-Afrika se groot verskeidenheid dorpies, stede en bestemmings nie, maar ook hoe om ’n bobaas-braai aan die gang te kry.
In die episode van 9 Augustus gaan Jan kuier in die kunstenaarsdorpie Greyton, skilder hy ’n braaiportret en speel hy rolbal terwyl daar skaapboud op die braaivleisvuur knetter.

- Laai dit nie? Kyk op YouTube
Boekbesonderhede
- Red Hot deur Jan Braai
Boek se tuisblad
EAN: 9781920434502
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment