Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Pan Macmillan

@ Books LIVE

Katy Katopodis gesels met Bianca van Aardt oor ma-wees en radionuus

Iâ��m Missing NewsKaty Katopodis is een van Suid-Afrika se besigse nuusredakteurs, sowel as ’n eggenoot en ma. In haar boek, I’m Missing News: When Hard News and Parenting Collide, vertel sy van haar eie en ander hardwerkende vrouens se ervaringe as werkende ma’s.

Sy het onlangs aan SARIE se Bianca van Aardt vertel waar die titel van haar boek vandaan kom en hulle het ook radiojoernalistiek bespreek.

Suksesvolle joernalis en redakteur in die dag, en liefdevolle ma in die nag. Katy Katopodis vertel die verhaal van die uiteenlopende rolle wat soveel vroue daagliks vervul, maar waaroor niemand openlik praat nie.

Sy doen dit in haar debuut-boek, I’m Missing News (PanMacmillan, R203). As hoof van Eyewitness News by Talk Radio 702 en 94.7 Highveld Stereo probeer Katy die perfekte balans kry tussen haar loopbaan, waar sy vars nuus moet volg, en ma-wees, waar sy haar seuns liefdevol probeer grootmaak. Die titel spruit uit ’n oulike staaltjie in die tyd toe haar seuns nie “Eyewitness News” kon sê nie, maar dit verstaan het as “I’m missing news”.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment