Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Pan Macmillan

@ Books LIVE

“Ek sou nie sê ek is optimisties nie”: Nadine Gordimer gesels oor die Suid-Afrika van vandag

No Time Like the PresentNadine Gordimer is op 89 steeds die “grande dame” van Suid-Afrikaanse literatuur, skryf Fred de Vries. Hy het by haar gaan aanklop vir ’n onderhoud, maar het homself vasgeloop met sy skryfgerigte vrae.

De Vries vertel dat Gordimer “hou by die romantiese idee dat die romanskrywer een of ander verhewe genie is wie se binnewerking enige poging tot begrip sal pypkan”. Eindelik gesels hulle oor Suid-Afrika vandag, ’n hede wat Gordimer “nie in gedagte gehad het nie”.

“Bring asseblief teen vieruur vir ons tee.”

Dertig minute later, presies om 16:00, skuifel die bejaarde huishulp in met ’n skinkbord gelaai met twee wit porseleinkoppies en ’n pot Earl Grey.

“Melk?” sê Nadine Gordimer.

“Suiker?”

En dan: “So, wat wil jy weet?

“Ons gaan beslis nie oor (Oscar) Pistorius praat nie,” sê sy met ’n laggie.

Op 89 is die grande dame van Suid-Afrikaanse letterkunde nog skerp en op haar stukke.

Haar 15de roman, No Time Like the Present, is nie ’n maklike leeservaring nie. Inteendeel.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment