Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Pan Macmillan

@ Books LIVE

Kirby van der Merwe gesels met Ufrieda Ho oor Paper Sons and Daughters

Ufrieda Ho

Paper Sons and DaughtersUfrieda Ho, outeur van die memoir Paper Sons and Daughters, waarin sy oor haar grootwordjare as Chinees gedurende apartheid skryf, het onlangs saam met Kirby van der Merwe ‘n Kantonnese congee vir ontbyt in Cyrildene, Johannesburg, gaan eet. Hier het hulle oor die veranderinge gesels wat deesdae in die Suid-Afrikaanse Chinese gemeenskap plaasvind, weens die instroming van talle nuwe immigrante.

Volgens Ho is Cyrildene die “Nuwe Chinatown”, terwyl “Ou Chinatown” aan die ooste van Johannesburg is, waar die Eastgate-winkelsentrum nou staan. Daar is ook volgens Ho ‘n “taalgrens” wat die gemeenskap verdeel, want die meeste nuwe immigrante praat net Mandaryns, terwyl sy Kantonnees praat en baie van haar vriende slegs Engels gebruik en glad nie meer in Chinees kommunikeer nie.

Dis vroeg, voor negeuur die oggend, en die winkels in Cyril­dene, Johannesburg het pas hul deure oopgemaak.

Ek en Ufrieda Ho eet ontbyt by die Chinese restaurant Mongkok waar jy verby bakke vol gekookte hoenderpote tot by die tafels agter stap. En as jy deur die winkelvenster kyk – so tussendeur die okkerneutbruin gerookte eende wat van die toonvenster aan hul nekke hang – kan jy sweer jy is in China.

Book details

 

Please register or log in to comment