Jonathan Jansen lug sy mening oor HF Verwoerd se standbeeld
Jonathan Jansen skryf in sy rubriek in Beeld oor die ontsiering en aftakeling van standbeelde van politieke figure, ná die verwydering van HF Verwoerd se standbeeld in Meyerton. ‘n Versameling van Jansen se (dikwels opspraakwekkende) rubrieke wat in Die Burger, Beeld, en ander koerante verskyn het, kan in die bundel Oor bokdrolletjies en rosyntjies gevind word.
Lees sy mening oor HF Verwoerd se standbeeld:
Wat is die verskil tussen die ontsiering van die standbeeld van emeritus aartsbiskop Desmond Tutu in Oos-Londen in 2008 en die aftakeling van dié van dr. H.F. Verwoerd in Meyerton in 2011?
Nie groot nie, as ’n mens daaroor nadink, want dit is dieselfde soort mense wat dit om dieselfde soort redes met dieselfde soort gevolge doen. Dit is mense wat glo dat die vernietiging van simbole waarvan hulle nie hou nie, of van idees waarmee hulle verskil, gepaste optrede is.
Boekbesonderhede
- Oor bokdrolletjies en rosyntjies deur Jonathan Jansen
EAN: 9781920434175
Find this book with BOOK Finder!
Please register or log in to comment