Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Pan Macmillan

@ Sunday Times Books LIVE

Nuut: Jonathan Jansen se bundel rubrieke Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies

Oor bokdrolletjies en rosyntjiesToe Jonathan Jansen ’n kind was, het sy ma eendag vir hom gesê: “My kind, bokdrolletjies is nou eenmaal nie rosyntjies nie” – bedoelende dat mens nooit moet maak of nonsens betekenis het nie.

En inderdaad is hy nou landwyd bekend as iemand wat ’n ding sê soos dit is. Hy is ’n strydvoerder vir gesonde verstand en gee nie om as hy in die proses op ’n paar tone trap nie. As mens hom vra hoekom sy kontroversiële rubrieke so gewild is, sê hy “’n Goeie artikel irriteer elke keer die helfte van jou lesers; die geheim is om elke keer ’n ander helfte te irriteer.“

Oor bokdrolletjies en rosyntjies, ‘n versameling van sy Afrikaanse rubrieke in Die Burger, Beeld en ander koerante, weerspieël sy eiesoortige opinies oor die onderwys, ras en identiteit, sake van die dag, leierskap en selfs sport. Hy gee ons voortdurend pitkos vir die brein, wat maklik tot warm argumente lei.

Oor die outeur

Prof. Jonathan Jansen is die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, waar hy ’n formidabele reputasie opgebou het as ’n brugbouer tussen ons verskillende gemeenskappe. Hy is ’n opvoedkundige, voorheen dekaan van die fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy het ‘n string grade en toekennings agter sy naam, en is onder meer President van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rassebetrekkinge. Hy is in Wes-Kaapland gebore en het al oral rond in Suid-Afrika asook in die VSA gewoon. Hy is getroud met twee kinders.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment